TE HUUR – PRIVAAT 2 SLAAPKAMER MEENTHUIS IN ELARDUSPARK!!!
BELANGRIK: GEEN TROETELDIERE NIE EN OOK GEEN HUURDERS WAT ROOK NIE ASB!!
Die eenheid is onlangs nuut oorgedoen en is geleë in ‘n gewilde kompleks in Elarduspark.
Dit bied die volgende
• 2 slaapkamers
• 1 vol badkamer met ‘n bad en stort
• Pragtige kombuis met spens, ontbyt-“nook” en spasie vir ‘n “toploader” wasmasjien en dubbel yskas
• Een groot oopplan leefarea met skuifdeur na die privaat tuin reg rondom die eenheid
• 1 motorhuis teenaan die eenheid asook ‘n enkel afdak
Water, sanitasie en vullisverwydering is deel van die huur en die elektrisiteit word verskaf deur Protea metering.
Die kompleks bied 24 uur sekuriteit en Elarduspark is sentraal geleë met maklike toegang tot die Delmas pad, N1 en R21. Afrikaans-sprekende skole en groot winkel komplekse is in die area.
As jy minimum R30 000 per maand bruto verdien, een maand se deposito kan betaal sodra die kontrak geteken is en ‘n skoon krediet rekord het, skakel my gerus om ‘n afspraak te maak.