STYLVOLLE KNUS SIMPLEKS TE HUUR IN ELARDUSPARK – BESKIKBAAR 1 OKTOBER 2025
ALLEENMANDAAT DEUR MAGDA LOURENS EIENDOMME
Hierdie “lock up and go” eenheid word aangebied vir R10 750 per maand en is ideaal vir ‘n enkel persoon of ‘n jong familie.
Die meenthuis bied
• ‘n privaat tuin en patio
• ‘n enkel motorhuis en afdak
• ‘n agterste tuin met toegang tot die motorhuis
• ‘n aparte sitkamer en eetkamer
• ‘n pragtige kombuis met graniet blaaie, plek vir ‘n wasmasjien en enkel yskas
• twee ruim slaapkamers met matte en ingeboude kaste
• een vol badkamer met ‘n stort oor die moderne bad
Die simpleks is troeteldier vriendelik en 2 klein diertjies sal toegelaat word. (aansoek moet gedoen word).
Water, sanitasie en elektrisiteit is deur Impact Metering en ‘n deposito is betaalbaar om dienste aan te sluit. N volle huur deposito van een maand se huur (R10 750) is betaalbaar binne 2 dae na kontrak geteken is.
Die eenheid is in ‘n gesogte, goed versorgde kompleks wat sentraal geleë is in Elarduspark Die area bied vinnige toegang tot die R21 en N1 en is ‘n kort afstand vanaf Elarduspark Laerskool, Waterkkloof Hoërskool, Kloof Hospitaal en groot winkelkomplekse soos Castle Gate, Menlyn, Woodlands en Irene Mall.
AS JY MIN OR MEER R33 000 PER MAAND BRUTO VERDIEN EN ‘N SKOON KREDIET REKORD HET, SKAKEL MY GERUS OM ‘N PRIVAAT BESIGTIGING TE REëL.