PRAGTIGE HUIS TE HUUR IN ELARDUSPARK
Hierdie 3 slaapkamer huis is 1 Julie 2026 beskikbaar. Dit deel ‘n ingang met ‘n tuinwoonstel waar die eienaar woon.
Die huurbedrag van R22 500 sluit in water, sanitasie, tuinversorging, alarm reaksie eenheid en internet. Prepaid elektrisiteit is ekstra.
Die eiendom het ‘n pragtige boomryke agtertuin met swembad, klimraam en stoor, en honde kinders is baie welkom . (Geen katte nie asb).
Die lieflike toegeboude stoep met kroegarea kyk uit oor die swembad en tuin en skakel direk in die huis in.
Ekstras op die perseel is ‘n solar sisteem vir die geyser, gashob, fibre-ready lyn en Bull security.
Binne bied die huis:
* 3 slaapkamers met ingeboude kaste
* 2 badkamers (en-suite met ‘n bad en ‘n tweede vol badkamer)
* 2 leefareas met ‘n vuurhert
* oopplan kombuis met gashob, spens en genoeg pakplek
* opwas area met plek vir wasmasjien en skottelgoedwasser
* dubbele gemotoriseerde motorhuis wat direk in huis ingaan
Voornemende huurders wat ‘n skoon krediet rekord het, R22 500 deposito kan betaal en ‘n gesamentlike bruto inkomste van ten minste R60 000 verdien, is welkom om my te kontak om die eiendom te besigtig.