TUINWOONSTEL TE HUUR VANAF 1 SEPTEMBER 2026 IN ELARDUSPARK
Hierdie 1-man woonstel is een van vier huur eenhede op n vol titel erf. Al die huurders deel dieselfde ingang.
Voornemende huurders moet bereid wees om saam met ander huurders op die perseel te woon.
Dit is vir een nie rokende persoon en is nie troeteldier vriendelik nie
Die eenheid bied die volgende:
* n gekombineerde spasie vir slaapkamer / sitkamer met 'n ingeboude klerekas
* n klein "kitchenette" met opwasbak en kasspasie
* 'n badkamer met stort, wasbak en toilet
* 'n enkel afdak vir parkering
Die huur sluit die volgende uit:
* pro rata vullis verwydering
* pro rata water gebruik
* elektrisiteit - elke eenheid het sy eie meter.
As jy 'n ongeveer R12 000 bruto maandelikse inkomste het, een maand se deposito kan betaal en n skoon krediet rekord het skakel my gerus om te reel vir n privaat besigtiging.