1 SLAAPKAMER TUINWOONSTEL IN ELARDUSPARK IDEAAL VIR SOLTECH STUDENTE .
TE GOED OM WAAR TE WEES - GEEN BEURTKRAG
Die huurbedrag sluit water en elektrisitiet (solar geinstalleer ) en onbeperkte internet in.
NET VIR NIE ROKERS EN ENKEL PERSONE SONDER TROETELDIERE!!!
Die dupleks eenheid het op die grondvloer n groot oopplan leefarea met praktiese kombuis (met gas stoof).
Op die boonste vloer is 'n yslike groot slaapkamer met kaste en ruimte vir 'n lessenaar ens.
Die eenheid het ook 'n vol badkamer met bad en stort.
Een motor het veilige parkering onder 'n afdak wat nie sigbaar is van die pad se kant af nie.
Die tuinwoonstel eenheid het geen privaat tuin nie en is een van drie eenhede op 'n perseel.
As jy 'n skoon krediet rekord het en ongeveer R25 000 per maand verdien is jy welkom om my te kontak om 'n afspraak te reel.